Grade 12 Afrikaans First Additional Language Past Paper 1

Grade 12 [Matric: Afrikaans] past papers and memos

INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
    AFDELING A: Leesbegrip (30)
    AFDELING B: Opsomming (10)
    AFDELING C: Taal (40)
  2. Beantwoord AL die vrae.
  3. Begin elke afdeling op ‘n NUWE bladsy.
  4. Trek ‘n streep na elke afdeling.
  5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
  6. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.
  7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
  8. Beplan jou tyd só:
    AFDELING A: 50 minute
    AFDELING B: 20 minute
    AFDELING C: 50 minute
  9. Skryf netjies en leesbaar.


AFDELING A:

LEESBEGRIP VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Screen Shot 2022-09-06 at 3.43.47 PM
Screen Shot 2022-09-06 at 3.45.43 PM

LET WEL:

  • Beantwoord AL die vrae.
  • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1. Waar is die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou? (1)

1.2. Waarom word Kylian se gesin ꞌꞌsportmalꞌꞌ genoem? Gee TWEE feite uit die leesstuk. (2)

1.3. Wie was Kylian se TWEE groot sokkerhelde uit sy kinderdae? (2)

1.4. Waarom onthou mense Kylian se debuut in Monaco se eerste span? (1)

1.5. Hoe weet ons dat Monaco Kylian nie maklik laat gaan het nie? (1)

1.6. ꞌꞌIn 2018 het Kylian as ‘n jong speler na die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland gegaan.ꞌꞌ (Paragraaf 6)
1.6.1. Baie mense het gedink dat Kylian goed sou speel. Skryf DRIE OPEENVOLGENDE woorde uit die  teks neer wat vir ons sê dat hierdie mense nie verkeerd was om so te dink nie. (1)
1.6.2. Hoeveel doele het Kylian in 2018 in Rusland aangeteken? (1)

1.7. Kylian word reeds met Argentinië se Lionel Messi en Portugal se Cristiano Ronaldo vergelyk. (Paragraaf 9)
1.7.1. Vir watter land het Kylian in FIFA se 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi gespeel? (1)
1.7.2. Waarom is dit moeilik om te glo dat hy  met Messi en Ronaldo vergelyk word? (1)
1.7.3. Watter prestasie het Kylian behaal wat Messi en Ronaldo nie kon regkry nie? (1)

1.8. Lees weer paragraaf 8.
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
As Pelé sê: ꞌꞌWelkom in die klubꞌꞌ (erken hy Kylian se prestasies/probeer hy Kylian na ‘n ander sokkerklub lok). (1)

1.9. Dit is moontlik dat Pelé in die toekoms saam met Kylian in ‘n Wêreldbeker- toernooi sal kan speel. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)

1.10. Kylian is reeds as ‘n tiener ‘n superster. Noem TWEE nadele wat dit vir hom inhou. (2)

1.11. ꞌꞌVir die wêreld is hy die volgende Lionel, Cristiano, Thierry of selfs Zinedine.ꞌꞌ (Paragraaf 11)
Waarom is dit ‘n MENING en nie ‘n feit nie? (1)

1.12. Noem EEN sosiale probleem wat die kinders van Bondy in Frankryk beleef. (1)

1.13. Wat kan die kinders van Bondy uit Kylian se sukses leer? (1)

1.14. Waarom is dit gepas dat mense sê dat Kylian ‘n ”goue hart” het? (1)

1.15. Waarom is daar ‘n foto by die artikel? (1)

1.16. Gee TWEE redes waarom Kylian ná die 2018 Wêreldbekertoernooi onthou sal word. (2)

1.17. Na jy hierdie artikel gelees het, hoe voel jy oor sokkerspelers? (1)


Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B: SPOTPRENT

1.18. Waarvoor staan die mense in die tou en wag? (1)

1.19. Hoe beeld die spotprenttekenaar visueel uit dat die studente al baie lank in die tou staan? (1)

1.20. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.20) en die antwoord (A–D) neer.
Die man agter die tafel gebruik die aanspreekvorm ꞌꞌBoetꞌꞌ, want …
A) hy is familie van die jongman wat voor hom sit.
B) hy ken die jongman wat voor hom sit, persoonlik.
C) só spreek Afrikaanse mense ‘n jongman dikwels aan.
D) die jongman het nie sy aansoekvorms volledig ingevul nie. (1)

1.21. ꞌꞌBoet, wag vir die dag dat jy vir werk aansoek doen.ꞌꞌ
1.21.1. Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (1.21.1) en die antwoord neer.
Die boodskap wat die man aan die jongman oordra, is (positief/negatief). (1)
1.21.2. Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.21.1. (1)

1.22. Waarom, dink jy, praat die twee dames wat in die kantoor werk, glad nie? (1)


TOTAAL AFDELING A:
30


AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Jy wil graag ‘n nuwe taal aanleer. Jy luister na ‘n praatjie oor die radio daaroor. Jy maak aantekeninge oor die sewe belangrike feite om te onthou as jy ‘n nuwe taal wil aanleer.

INSTRUKSIES

  1. Skryf die SEWE belangrike feite om te onthou as jy ‘n nuwe taal wil aanleer, puntsgewys neer.
  2. Nommer die feite van 1 tot 7.
  3. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
  4. Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE.
  5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.


TEKS C

HALLO, THOBELA, SAWUBONA

Dit is goed om meer as een taal te kan praat, maar daar is dinge waaraan jy moet dink as jy ‘n nuwe taal wil aanleer.

‘n Nuwe taal kan op enige ouderdom aangeleer word. Kinders leer wel tale maklik aan, maar dit beteken nie dat jý te oud is om dit ook te kan doen nie.

Wil jy net iemand in sy eie taal kan groet of wil jy ernstig met jou buurvrou kan gesels? Voor jy enige taalkursus kies, moet jy besluit wat jy met die taal wil doen.

As jy die nuwe taal wil aanleer, moet jy dit eers leer praat voordat jy dit probeer skryf of lees. Onthou jy nie dis hoe jy kleintyd jou moedertaal leer praat het nie?

Wonder jy of jy slim genoeg is? Die aanleer van ‘n taal het niks met slimwees te make nie. As jy genoeg tyd aan die nuwe taal bestee, sal jy dit bemeester. Verder is dit ook belangrik om, terwyl jy die taal aanleer, elke kans te gebruik om die taal te praat. Dit sal jou help om met selfvertroue te praat.

Luister na liedjies in die taal wat jy aanleer en probeer saamsing en die woorde onthou. Dit maak nie saak dat jy vals sing of die wysie verloor nie. Dis die woorde wat tel!

Nadat jy jou kursus voltooi het, moet jy aanhou om die nuwe taal te praat. As jy dit nie doen nie, gaan jy die nuwe taal gou weer vergeet.

TOTAAL AFDELING B: 10


AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

  • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
  • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.


TEKS D

3.1. Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Kom na Thandeka vir (tradisioneel) drag … (1)

3.2. Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer (3.2) en die letter (A–D) neer.
Met die ongewone skryfwyse van G-r-o-o-t wil die adverteerder beklemtoon dat …

A) die winkel groter as baie ander winkels is.
B) alles in die winkel vir grootgeboude mense bedoel is.
C) klante baie groot bedrae geld by die winkel gaan bestee.
D) die klere tydens hierdie uitverkoping baie goedkoop gaan wees. (1)

3.3. Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Die klere is netjies en (goedkoop). (1)

3.4. Verbeter die SPELFOUT in die sin.
Daar is ‘n verskeidenheid material. (1)

3.5. Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.
Daar is baie patrone (uit wat/waaruit) jy kan kies. (1)

3.6. Vorm ‘n SAMESTELLING met die woorde tussen hakies.
(Besigheid+ure) (1)

3.7. Mense van enige ouderdom kan by Thandeka kry wat hulle wil hê.
Skryf VIER opeenvolgende woorde uit die advertensie neer wat dit vir ons sê. (1)

3.8. Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
ꞌꞌThandeka is wyd en syd bekendꞌꞌ beteken dat (al die mense in die dorp/mense van oral oor) weet wie Thandeka is. (1)

3.9. Skryf die sin hieronder as ‘n BEVELSIN oor.
Jy kom maak ‘n draai by haar. (1)

3.10. Waarvoor sou ‘n mens vir Thandeka ‘n ✶ wou gee?
Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit die teks neer. (1)

[10]

VRAAG 4: STROKIESPRENT

  • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
  • Opsetlike taalfoute kom voor.
  • Voer die instruksies by elke vraag uit.


TEKS E

Screen Shot 2022-09-06 at 4.28.14 PM

4.1. Skryf die sin in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE.
Meneer sê vir Neelsie: ꞌꞌJy kom áltyd laat vir my rekenaarklas.ꞌꞌ
Begin sό: Meneer sê vir Neelsie dat … (1)

4.2. Gee die AFRIKAANS vir ꞌꞌSorryꞌꞌ. (1)

4.3. Hoekom is dit aanvaarbaar dat Meneer van ꞌꞌgamesꞌꞌ praat? (1)

4.4. Noem EEN visuele teken in RAAMPIE 2 wat vir ons sê dat Meneer geïrriteerd is met al die goed wat hy van Neelsie weet. (1)

4.5. Skryf die sin hieronder in die ONTKENNENDE VORM.
Neelsie doen áltyd sy eie werk. (1)

4.6. Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Meneer is kwaad vir Neelsie. Hy doen nie sy werk nie. (omdat) (1)

4.7. Met watter woord beklemtoon Meneer dat Neelsie gereeld dinge doen wat verkeerd is? (1)

4.8. Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (4.8.1 en 4.8.2) en die antwoorde neer.
In RAAMPIE 1 lyk Neelsie (4.8.1) (jammer/verveeld) en in RAAMPIE 3 lyk Neelsie (4.8.2) (anders/dieselfde). (2)

4.9. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die letter (A–D) neer.
Watter IDIOOM pas die beste by Neelsie se reaksie op die dinge wat Meneer vir hom sê?
A) Agteros kom ook in die kraal
B) Dit is water op ‘n eend se rug
C) Van lekker lag, kom lekker hui
D) Hy pluk die vrugte van sy harde werk (1)

[10]


VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

  • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer.
  • Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.
  • Voer die instruksies by elke vraag uit.
  • Opsetlike taalfoute kom voor.

5.1. Lees die artikel en beantwoord die vrae.


TEKS F: ARTIKEL

MANDELA-KOEK HELP KANKERLYERS

Altesaam 1 200 eiers en 625 (5.1.1) (kilogram) droë bestanddele is gebruik om die wêreld se grootste Nelson Mandela-koek te skep.

Dié koek het meer (5.1.2) (dan/as) 750 kilogram geweeg. Ses bakkers het vyf dae gewerk om die koek vir Cupcakes of Hope te (5.1.3) (bak). Die (5.1.4) (voltooi) koek is in die Sandton City-winkelsentrum uitgestal.

(5.1.5) Cupcakes of Hope doen elke jaar iets vir kinders met kanker. Hierdie koek is gebak om Mandela se geboortedag ‘n (5.1.6) (honderd jaar) gelede te vier.

Sandy sê sulke (5.1.7) (geleentheid) is spesiaal. Mandela se kleinkinders was ook daar. Dit het die dag nog meer spesiaal gemaak. Mandela het gesê dat dit in mense se hande is om ‘n verskil in (5.1.8) (…) eie gemeenskap te maak.

Die mense van Cupcakes of Hope doen die (5.1.9) (goed) wat hulle kan om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Hulle wil ‘n (5.1.10) (inspireer) vir meer mense wees om Cupcake-engele te word. Dit maak ‘n mens baie (5.1.11) (ongelukkig).

‘n Kankerlyertjie se ma was daar (5.1.12) (die organisasie vir hulle werk bedank).

(5.1.13) Cupcakes of Hope het gelede jaar ‘n wêreldrekord vir die hoogste kolwyntjietoring opgestel. Dit was nie ‘n klein (5.1.14) (toring) nie. Dit het 10,7 m hoog gestaan.

5.1.1. Skryf die AFKORTING vir die woord tussen hakies.
Altesaam 625 (kilogram) meel is gebruik om die koek te bak. (1)

5.1.2. Kies die korrekte WOORD tussen hakies.
Die koek het meer (dan/as) 3 m hoog gestaan. (1)

5.1.3. Gebruik die HOMONIEM van bak in ‘n sin sodat die betekenis duidelik is. (1)

5.1.4. Vorm ‘n DEELWOORD van die werkwoord tussen hakies.
Die (voltooi) koek is in die Sandton City-winkelsentrum uitgestal. (1)

5.1.5. Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD oor.
Cupcakes of Hope doen elke jaar iets vir kinders met kanker. (1)

5.1.6. Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Hierdie koek is gebak om Mandela se geboortedag ‘n (honderd jaar) gelede te vier. (1)

5.1.7. Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Sandy sê sulke (geleentheid) is baie spesiaal. (1)

5.1.8. Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in.
Mandela het gesê dat dit in mense se hande is om ‘n verskil in (…) eie gemeenskap te maak. (1)

5.1.9. Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Die mense van Cupcakes of Hope doen die (goed) wat hulle kan om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. (1)

5.1.10. Vorm ‘n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die woord tussen hakies.
Hulle wil ‘n (inspireer) vir meer mense wees om Cupcake-engele te word. (1)

5.1.11. Gee ‘n ANTONIEM vir die woord tussen hakies.
Dit maak ‘n mens baie (ongelukkig). (1)

5.1.12. Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.
‘n Kankerlyertjie se ma was daar (die organisasie vir hulle werk bedank). (1)

5.1.13. Verbeter die foutiewe WOORDKEUSE in die sin.
Cupcakes of Hope het gelede jaar ‘n wêreldrekord vir die hoogste kolwyntjietoring opgestel. (1)

5.1.14. Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.Dit was nie ‘n klein (toring) nie. (1)

Screen Shot 2022-09-06 at 4.41.07 PM

5.2.1. Kies die korrekte WOORD tussen hakies.
Die winkelbestuurder wag vir die laaste (besoekers/klante) om die winkel te verlaat. (1)

5.2.2. VOLTOOI die sin.
Ons gebruik die … om te kyk waar elke land in die wêreld is. (1)

5.2.3. Gee die PERSOONSNAAM van die woorde tussen hakies.
Die hotel se (persoon wat die kos maak) dra elke dag ‘n skoon uniform. (1)

5.2.4. Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.
Die (verpleegster) het die dokter se verslag in haar hand. (1)

5.2.5. Vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Skryf die sin oor en onderstreep die leesteken.
Die dame sê: ”Meneer hier is u geskenk.” (1)

5.2.6. Kies die korrekte SPELLING tussen hakies.
Ons moet altyd ‘n geskenk (waardeur/waardeer). (1)

[20]

TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80